Header Artwork
AfriForum se Springs-tak het saam met die plaaslike gemeenskap skouer aan die wiel gesit

AfriForum se Springs-tak het onlangs saam met die gemeenskap gewerk om een van dié tak se grootste skoonmaakprojekte nog aan te pak. Die tak het onder andere saam met ProSafe Security, Move One Million en leerlinge van die Laerskool P.A.M. Brink gewerk om dié skoonmaakprojek aan te pak.

Op 13 Mei 2021 is voorbereiding vir die dag gedoen deur die gras in groot dele van plaaslike velde te sny. Op 14 Mei 2021 is bossiekappers ingespan om die omgewing netjies te maak nadat ’n trekker die gras in die veld gesny het. Taklede en mense uit die gemeenskap het ingespring om rommel op te tel.

“Dit is werklik een van die grootste skoonmaakprojekte wat AfriForum se Springs-tak en die gemeenskap in die laaste paar jaar aangepak het. Dankie aan al die rolspelers en individue wat die projek ’n sukses gemaak het,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

“Deur so ’n groot skoonmaakprojek te begin, verseker ’n gemeenskap dat die dorp sy skoonheid terugkry en enige brandpunte en wegkruipplekke vir enige misdadige aktiwiteite in die omgewing beperk word,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur ’n e-pos te stuur aan springs@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN