Header Artwork
AfriForum se Springbok-tak herstel slaggate      

Die AfriForum-tak in Springbok het op 2 Februarie 2021 herstelwerk aan die teerpad op die hoek van Bergstraat en Derdelaan in Springbok gedoen.

Die paaie in Springbok word selde indien ooit deur die munisipaliteit herstel en as gevolg daarvan moet die gemeenskap inisiatief neem en dit self doen. Die AfriForum-tak in Springbok het met behulp van taklede en privaat ondernemings fondse bymekaar gemaak om herstelwerk te kan doen waar dit nodig is in die dorp.

Die oppervlak van die pad was ongelyk en vol slaggate as gevolg van die hoeveelheid vragmotors en ander voertuie wat hierdie pad daagliks gebruik.

“Die skade aan hierdie pad het ’n veiligheidsrisiko ingehou vir almal wat daarop moet beweeg en moes herstel word,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder  vir die Kalahari. “Dié projek is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n gemeenskap wat moeg is vir swak dienslewering self probleme aanpak.”

Raak vandag betrokke by jou plaaslike AfriForum tak. SMS “Springbok” na 32532 (R1)

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN