Header Artwork
AfriForum se Ottosdal-tak kies nuwe bestuur

Die AfriForum-tak in Ottosdal het op 17 Februarie 2021 ’n reorganiseringsvergadering gehou waartydens die tak se nuwe bestuur gekies is.

Die nuwe takbestuur bestaan uit: Leon Botha (voorsitter), San-Marie Botha (ondervoorsitter), Engela Pretorius (tesourier) en Maria Louw (sekretaresse). Die nuwe bestuurslede is baie opgewonde oor die nuwe hoofstuk wat voorlê vir die tak en het reeds projekte geïdentifiseer waarvan een ’n volhoubare skoonmaakprojek is.

Ottosdal gaan gebuk onder swak dienslewering en die totale afwesigheid van die plaaslike munisipaliteit wat versuim om hul verantwoordelikhede teenoor die gemeenskap na te kom. Die dorp se strate is vol slaggate, waarvan die hoofstraat seker die slegste lyk. Dit beskadig nie net voertuie nie, maar beïnvloed ook die sakeondernemings. Ottosdal sukkel verder nes al die ander dorpe in Noordwes met krag, water, vullisverwydering en die vullisterrein, asook die rioolwerke.

Die inwoners van Ottosdal het besluit om eienaarskap van hul gemeenskap te neem. “Ottosdal se gemeenskap gaan nie toelaat dat die dorp verder agteruitgaan nie. AfriForum se #VegEnBou-strategie sal hier toegepas word en daar sal druk op die plaaslike en distriksmunisipaliteit toegepas word om hulle werk te begin doen. Ons gaan egter nie net agteroor sit en wag nie; ons gaan selfdoenaksies van stapel stuur om seker te maak dat die dorp nie verder agteruitgaan nie. Selfdoen is immers beter as niksdoen,” sê Gehard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Ons almal kan kla, maar dit is nou die tyd om saam te staan as ’n gemeenskap en ’n verskil te maak. Ons is trots op ons dorp en kan nie langer toelaat dat alles voor ons oë agteruitgaan nie. Ons nooi die gemeenskap uit om deel te word van AfriForum en met ons te gesels oor idees en voornemende projekte wat ons dorp kan verbeter,” sê Leon Botha, voorsitter van AfriForum se Ottosdal-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jóύ gemeenskap te maak: SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN