Header Artwork
AfriForum se Oos-Moot-tak beveilig gevaarlike draai in pad

AfriForum se Oos-Moot-tak het op Saterdag 20 Maart in samewerking met Colbyn Ridge bosse oopgesny langs ’n gevaarlike draai op Kilnertonweg.

Die tak het met die Tshwane-metro geskakel, wat ’n span gestuur het om te help met dié reusetaak. Hierdie stuk van die pad is onveilig omdat motoriste dikwels teen ’n hoë spoed daar ry en die digte bome en bosse sigbaarheid om die draai verswak.

“AfriForum sal nie terugstaan om behoeftes in ons gemeenskappe aan te spreek nie. Ons sal self inspring om die omgewing te verbeter vir almal wat in die gemeenskap woon en ons werk graag saam met ander gemeenskapsorganisasies om hierdie doelwitte te bereik,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Die tak bedank al die gemeenskapslede en vrywilligers wat hul Saterdagoggend opgeoffer het om te kom help met dié projek. Die tak beplan talle soortgelyke projekte vir die res van die jaar. Gemeenskapslede word aangemoedig om by die tak aan te sluit om werklik ’n verskil in die groter Oos-Moot-gebied te maak.

Raak vandag nog by AfriForum se Oos-Moot-tak betrokke en word deel van die oplossing: SMS “Oos-Moot” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN