Header Artwork
AfriForum se Mooinooi-tak koop waterkar aan om brande te bestry 

Die AfriForum-tak in Mooinooi het op 19 Julie ’n waterkar aangekoop om met brandbestryding in die omgewing te help. Dié waterkar sal aangewend word om die gemeenskap en die plaaslike brandweer by te staan tydens onluste en veldbrande.  

Hierdie toerusting is besonder doeltreffend in die bestryding van wegholbrande en om voorbrande te beheer. Die waterkar bevat ’n 1 000 liter-watertenk en die koste daarvan beloop sowat R14 200.  

“Die plaaslike owerhede het nie altyd die kapasiteit om brande onder beheer te bring nie, daarom het die tak besluit om die waterkar aan te koop sodat die gemeenskap nie in tye van onluste en veldbrande onbeholpe is nie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico. 

“Veldbrande is ’n groot probleem in die Mooinooi-gebied aangesien dit groot skade aan infrastruktuur, eiendom en landbou-areas aanrig. Die nodige toerusting en mannekrag is nie altyd beskikbaar om brande te bestry nie – dit maak die gebied baie kwesbaar, veral in die droë wintermaande. AfriForum se Mooinooi-tak sal nie huiwer om die gemeenskap by te staan in tye van nood nie,” sê Francois Olivier, voorsitter van AfriForum se Mooinooi-tak. 

Raak vandag nog by AfriForum se Mooinooi-tak betrokke: Skakel Olivier by 082 558 6412 of SMS “Mooinooi” na 45344 (R1). 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN