Header Artwork
AfriForum se Marico-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se Marico-takke het die afgelope maand meer as 12 ton voedsel aan 734 behoeftige gesinne uitgedeel. Die aksie is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Saai en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun. Die takke in die distrik sluit Rustenburg, Lichtenburg, Zeerust, Brits, Mooinooi, Hartbeespoort, Buffelspoort, Koster, en Coligny in.

Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang het nie of selfs hul werk verloor het omdat ondernemings hul deure moes sluit. ’n Taakspan wat uit AfriForum, Saai en Solidariteit Helpende Hand bestaan, is op die been gebring om die verspreiding van voedsel na gemeenskappe op ’n georganiseerde wyse te bestuur.

Die takke in die distrik het meer as 110 liter handreiniger en 450 gesigmaskers versprei om gemeenskappe teen die opdoen van COVID-19 te beskerm. R5 000 is ook aan liefdadigheidsorganisasies in die distrik geskenk.

“Dit is wonderlik om te sien dat gemeenskappe saamstaan en mekaar in dié moeilike tyd ondersteun. Baie van die kospakkies wat versprei word, is moontlik gemaak danksy skenkings wat ons by mense in die gemeenskap ontvang het. Dit sou nie moontlik gewees het om dié projek te dryf sonder die hulp van die gemeenskap nie,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons weet ook daar is nog baie mense wat hulp benodig en ons sal so ver moontlik almal probeer help. Ons hulpbronne is egter soms beperk, maar ons vertrou dat ons met hulp vanuit die gemeenskap sal kan help,” voeg Coetzee by.

AfriForum het ook ’n noodfonds vir elke tak geskep wat gebruik word om hierdie aksies volhoubaar voort te sit. Lede van die publiek kan skenkings aan die noodfonds maak wat weer gebruik word om noodsaaklike produkte vir behoeftiges aan te koop. Mense wat skenkings wil maak, kan hul naaste tak kontak vir meer inligting of die taknoodfonds-blad op AfriForum se webtuiste besoek.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN