Header Artwork

Taknoodfonds

Visie:
Suid-Afrika is tans in ’n stryd gewikkel om die verspreiding van COVID-19 in die land te bekamp en uiteindelik die pandemie te oorwin. Voedsel- en watertekorte met die gepaardgaande gesondheids- en veiligheidsrisiko’s is aan die toeneem en AfriForum wil op takvlak voorbereid wees om hierdie uitdagings die hoof te bied.

Missie:
AfriForum se takke sal skenkings vanuit die gemeenskap gebruik om op plaaslike vlak probleme voortspruitend uit die COVID-19-pandemie aan te spreek. Voorbeelde hiervan sluit onder andere in: voorsiening van kos en water; voorsiening van handreiniger en maskers aan nooddiens- en gesondheidspersoneel; hulp aan ouetehuise, kwesbare individue en hulpbehoewende instansies; pogings om die gesondheid en veiligheid van die gemeenskap te verseker; aanwending van skenkings vir ’n spesifieke doel soos deur ’n skenker aangedui; optrede wat ten doel het om die COVID-19-pandemie of die gevolge daarvan te verlig en te beveg.

Vrae wat gereeld voorkom:

Is my skenkingsbesonderhede veilig?

Heeltemal. Die veiligheid en vertroulikheid van jou inligting is ons hoogste prioriteit. Ons gebruik industriestandaard SSL- (secure socket layer) tegnologie om jou inligting te beskerm en ’n veilige omgewing vir aanlyn skenkings te skep. Ons sal jou persoonlike inligting nie aan enigiemand anders verkoop, dit verhandel of deel nie, of e-posse namens ander organisasies aan jou stuur nie. Ons sal jou persoonlike inligting slegs deel as jy ons uitdruklike toestemming gee om dit te doen. Sien ook ons privaatheidsbeleid.

Kan ek ’n artikel 18A-sertifikaat ontvang?

Ja, ’n skenking aan ’n artikel 18A-goedgekeurde organisasie kan van belasbare inkomste afgetrek word. Dit geld slegs vir individue wat belasting in Suid-Afrika betaal.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN