Header Artwork
AfriForum se Machadodorp-buurtwag help om voertuig terug te vind   

Die AfriForum-buurtwag in Machadodorp het op Dinsdag, 25 Mei, gehelp om ’n gesteelde Toyota Land Cruiser terug te vind.

Die buurtwaglede is deur JHD Sekuriteit in kennis gestel dat die betrokke opsporingsmaatskappy in daardie stadium besig was om die gesteelde voertuig te agtervolg, wat op pad was na Machadodorp op die N4-hoofweg.

Die buurtwaglede het vinnig reageer en die voertuig is langs die pad gevind, terwyl die verdagtes te voet in nabygeleë landerye ingevlug het. Die omgewing is gefynkam en verskeie uitkykpunte is opgestel. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem en die voertuig is aan die eienaar terugbesorg.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die buurtwag betrokke te raak en so te help om ’n veilige toekoms te skep. SMS jou naam na 45350 en sluit aan by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN