Header Artwork
AfriForum se Lydenburg-tak help tehuis vir bejaardes nadat munisipaliteit pligte versuim

AfriForum se Lydenburg-tak het op 18 Mei 2021 ’n nuwe geiser by Huis Kanabas vir bejaardes in dié dorp geïnstalleer.

Hierdie projek volg nadat die vorige geiser gebreek het en die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit versuim het om die eenheid te vervang. Dit het die inwoners met slegs koue water gelaat.

“Dit is onaanvaarbaar dat ons oumense te midde van die COVID-19-pandemie en die koue winter wat voorlê só gelaat is. Daarom het ons die eenheid vervang,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap deur by jou plaaslike AfriForum-tak aan te sluit: SMS “Lydenburg” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN