Header Artwork
AfriForum se Lichtenburg-tak woeker om slaggate te herstel   

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het die afgelope week, van 16 Maart tot 23 Maart, 351 sakkies teer (ongeveer 10,5 ton) gebruik om slaggate in die dorp te herstel. Die projek het die tak ongeveer R40 000 gekos en is ’n duidelike aanduiding van waar hulle prioriteite vir 2021 lê. Slaggate van ongeveer 72 vierkante meter, hoofsaaklik in Agtstelaan en Hendrik Potgieterstraat, is tot dusver herstel.

“Die paaie in Lichtenburg is in ’n bedenklike toestand, omdat die nodige instandhouding en herstelwerk nie gedoen word nie. Ons het daarom besluit om die herstel van slaggate hierdie jaar te prioritiseer en om op hierdie wyse ons lede op ’n tasbare manier by te staan. Hierdie projek wys ook opnuut dat AfriForum nie sal skroom om ons gemeenskap te ondersteun in moeilike tye nie,” sê Stefan Niemand, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak.

“Die slaggatprojek in Lichtenburg is ’n uitstekende voorbeeld van die sukses wat behaal kan word wanneer ’n gemeenskap saamstaan. Ons mikpunt is egter om nie nou hier op te hou nie, maar om die projek op ’n volhoubare wyse aan te pak. Daarvoor benodig ons egter die hulp van besighede sowel as individuele gemeenskapslede. Laastens wil ek graag die munisipaliteit bedank vir hul goedgesindheid tydens hierdie projek en dat hulle ingestem het om hul toerusting vir ons beskikbaar te stel,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Pine Pienaar, bestuurslid van AfriForum se Lichtenburg-tak, bestuur die projek en besighede of gemeenskapslede kan hom by 082 371 5312 skakel om slaggate te nomineer en om betrokke te raak by die projek. Die organisasie doen werklik ’n beroep op die gemeenskap om skenkings te maak en om aan te sluit by AfriForum se Lichtenburg-tak sodat die projek volhoubaar gedryf kan word.

Word vandag nog deel van AfriForum se Lichtenburg-tak: SMS “Lichtenburg” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN