Header Artwork
AfriForum se Kuruman-tak sny gras om brandkrane sigbaar te maak

Die AfriForum-tak in Kuruman het op 22 Maart 2021 die gras wat brandkrane toegegroei het, gesny en gif om dié krane gespuit sodat die gras en onkruid nie weer opkom nie. Die tak het verskeie klagtes ontvang omdat die brandkrane so oorgroei is dat dit nie sigbaar is nie en probleme tydens ’n noodgeval kan veroorsaak.

Danny Groenewaldt, lid van AfriForum se Kuruman-buurtwag en -brandspan, het die skoonmaakprojek saam met Marius Roodt, Danie Briers, Frikkie Louwrens en André du Preez aangepak.

Brandkrane is onder meer by die Hotazelpad, die Nick Fourie-deurpad, Poolman-, Hibiscus-, Cunninghamstraat, Seodinweg en by die ou Kommandokantore skoongesny.

“Ons wil ’n verskil in ons dorp maak en elke persoon wat hier bly, het die reg om in ’n skoon en veilige dorp te bly. Ek is baie trots op die span wat skoon gemaak het waar die munisipaliteit versuim het om sy pligte na te kom,” sê Gerald Tonsing, voorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Kuruman-tak betrokke en word deel van die verskil: SMS “Kuruman” na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN