Header Artwork
AfriForum se Langenhovenpark-tak herstel skadelike slaggate

Die AfriForum-tak in Langenhovenpark, Bloemfontein, het op 23 Desember 2020 drie groot slaggate in Nelson Mandelarylaan herstel nadat dié slaggate verskeie motors se bande beskadig het.

Die tak het ongeveer 12 sakke teer gebruik om die drie slaggate te vul.

“Die munisipaliteit versuim om Bloemfontein se paaie in stand te hou. Die slaggate is ’n geweldige veiligheidsrisiko vir motoriste wat van dié hoofroete in Bloemfontein gebruik maak. Daar waar die munisipaliteit nie hul werk doen nie, sal AfriForum toetree om die gemeenskap te help,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Raak vandag nog by die AfriForum-takke in Bloemfontein betrokke: SMS “Bloemfontein” na 31481 (R1).

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN