Header Artwork
AfriForum se Klerksdorp-tak maak skoon en vul slaggate in Flamwood

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het op 28 Augustus 2021, saam met lede van die Flamwood-buurtwag, inwoners en ondernemings, die oop terrein op die hoek van Dorah Temane- en Fannylaan opgeruim. Meer as 50 sakke rommel is daar opgetel en verwyder.

By die parkeerterrein van MCC Spar is talle diep slaggate gevul. Altesaam 25 sakkies teer is gebruik om die pad te herstel en weer veilig te maak vir motoriste.

Frans Roos, voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp, sê dit is betreurenswaardig om te sien dat baie van die vullis deur die inwoners self gestort word. Gebruikte babadoeke, ou skoolboeke met die leerders se name daarop en tuinvullis is gevind.

“Die enigste manier om ons woongebiede skoon en netjies te hou, is om self betrokke te raak. Dit sal beteken dat daar gereelde skoonmaakprojekte gereël moet word. Die gemeenskap moet beheer neem van hul woongebiede. Verder moet die inwoners die rommelstrooiers rapporteer aan AfriForum sodat hulle aangespreek kan word. Ons kan nie toelaat dat ons woongebiede in rommelhope verval nie,” sê Roos.

“Ongelukkig dra die jammerlike en gevaarlike toestand van die munisipale vullisterrein by tot die slegte gewoonte van inwoners om nie hul eie gemeenskappe skoon te hou nie. AfriForum doen ’n beroep op die inwoners van Klerksdorp om nie na hierdie vlak te daal nie. Word liewer deel van die oplossing en maak van Klerksdorp weer die mooi stad wat dit was en kan wees,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Klerksdorp” na 45344 (R1). Inwoners van ander woongebiede wat wil betrokke raak in hulle areas om sulke projekte te onderneem, kan vir Frans Roos skakel by 083 378 8826.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN