Header Artwork
AfriForum se Hartbeespoort-tak plaas munisipaliteite op terme

AfriForum het op 23 Augustus ’n dringende skrywe gerig aan die onderskeie munisipale bestuurders van sowel die Tshwane-metro as die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit om dié munisipaliteite op terme te plaas oor die dreigende waterkrisis in Madibeng. Die Tshwane-metro op 19 Augustus ’n verklaring uitgereik waarin hulle aangedui het dat hulle dit oorweeg om watervoorsiening na Madibeng (waar Hartbeespoort en Brits geleë is) te onderbreek. Die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit, wat sy water van Tshwane ontvang, skuld ongeveer R150 miljoen vir watervoorsiening.

In die skrywe maan AfriForum die munisipaliteite om hul verantwoordelikheid aan die gemeenskap na te kom ingevolge die Wet op Waterdienste 108 van 1997. Dié wet bepaal dat almal ’n reg tot basiese water en sanitasie het, asook dat elke waterdienste-instansie redelike stappe moet doen om dié regte te verseker. Volgens wetgewing is die minimum hoeveelheid drinkwater 25 liter per persoon per dag of ses kiloliter per huishouding per maand. Die wet vereis ook dat verbruikers nie vir meer as sewe dae per jaar sonder water mag wees nie.

“Toegang tot skoon water is ’n grondwetlike reg. Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat mense onseker is of hulle voortaan hierdie reg sal geniet bloot weens die munisipaliteit se finansiële wanbestuur. AfriForum sal voortgaan om druk op die munisipaliteite uit te oefen en sal alle stappe oorweeg om dié munisipaliteit te dwing om hul verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap na te kom,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Sluit nog vandag by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45344 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN