Header Artwork
AfriForum se Groter Pretoria-Noord-takke skaf waterkar aan

Die AfriForum-takke in die Groter Pretoria-Noord-gebied het op 23 Augustus 2021 ’n waterkar aangekoop om met brandbestryding in die omgewing te help. Dié waterkar sal aangewend word om die gemeenskap en die plaaslike brandweer te help tydens onluste en veldbrande.

Hierdie toerusting is besonder doeltreffend in die bestryding van wegholbrande en om voorbrande te beheer. Die waterkar bevat ’n 500 liter-watertenk, ’n hoëdrukwaterspuit asook ’n waterpomp. Die koste daarvan beloop sowat R38 500.

“Die plaaslike owerhede het nie altyd die kapasiteit om brande onder beheer te bring nie, daarom het die takke besluit om die waterkar aan te koop sodat die gemeenskap nie in tye van onluste en veldbrande onbeholpe is nie,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Veldbrande is ’n groot probleem in dié gebied, veral by berge, aangesien dit groot skade aan eiendom en landbou-areas aanrig. Die nodige toerusting en mannekrag is nie altyd beskikbaar om brande te bestry nie – dit maak die gebied baie kwesbaar, veral in die droë wintermaande. AfriForum se Wes-Moot-tak sal die leiding neem in dié verband.

Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae deur ’n kort verifikasie op die gratis Telegram-toep te doen by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS “Wes-Moot” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN