Header Artwork
AfriForum en Evolve Life besoek Laerskool Noord-Eind se leiers

Die burgerregteorganisasie AfriForum, in samewerking met Evolve Life se Manie Botha, het op 19 Augustus 2021 by die Laerskool Noord-Eind in die Paarl besoek afgelê ter ondersteuning van leiereienskapsontwikkeling.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop te skep in skole. Elke kind in ons land verdien dit om die nodige leiding te kry om hulle leierseienskappe te ontwikkel, omdat ons kinders die leiers van môre is. Die beste ding wat ons kan doen is om jongmense te bemagtig en dit moet reeds op laerskoolouderdom begin,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir juniorjeugleierskapsontwikkeling.

“Ons land se jongmense staar uitdagende tye in die oë. Om die regte leierskapsgereedskap in ’n kind se leierskapsmondering in te bou is nie net ’n noodsaaklikheid nie, maar ook die verantwoordelikheid van elke instansie en organisasie. Iemand wat in die jeug belê glo in die toekoms. Die leierskapsontwikkelingwerkswinkel is deel van die slypproses van ons land se kosbare diamant-kinders. Dit leer hulle verskeie vaardighede, onder andere hoe om hul passie te ontdek en doeltreffend te kommunikeer. Dankie aan Laerskool Noord-Eind en AfriForum wat glo in die opbou van ons jeug,” sê Manie Botha, spreker en lewensafrigter van Evolve Life.

Volgens André Dippenaar, onderwyser by Laerskool Noord-Eind, is leierskapsontwikkeling vir die skool belangrik omdat dit geleenthede bied vir groei en om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak. “Ons het leiers nodig wat probleme kan oplos en innoverend dink. Die leerlingraad het die opleiding baie geniet en ons was bevoorreg om dit te kon ervaar. Baie dankie aan AfriForum wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het,” sê Dippenaar.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za of tania.scheepers@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by AfriForum en Evolve Life se leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN