Header Artwork


AfriForum se Bronkhorstspruit-Arborpad-buurtwag het op 16 Maart 2019 ’n gekaapte vragmotor aan die eienaar daarvan terugbesorg. Dit volg ná ’n persoon die verlate vragmotor in ’n sloot langs die Arbor-grondpad opgemerk en dit deur die buurtwag se inligtingsrapporteringstelsel aangemeld het.

Magda Lewis, voorsitter van die Bronkhorstspruit-tak, het die buurtwag in kennis gestel en versoek om ondersoek in te stel. Die buurtwag, wat voor die opsporingsmaatskappy op die toneel was, het die vragmotor se lisensieskyf en registrasienommer nagespoor en die eienaar daarvan gekontak. Die eienaar vermoed dat die vragmotor in die Vaal-omgewing gekaap is omdat die opsporingstelsel dáár verwyder is. Die vragmotorbestuurder is in Pretoria afgelaai.

“Lede van die Bronkhorstspruit-buurtwag het ’n trekker verskaf om die vragmotor uit die sloot te trek. Ons suksesvolle inligtingsrapporteringstelsel het weer eens vrugte afgewerp,” sê Lewis.
“Die sukses hiervan bewys hoe belangrik dit is om van jou omgewing bewus te wees,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Raak by AfriForum betrokke: SMS “Bronkhorstspruit” na 45341 (R1) of e-pos lambert.deklerk@antiek.afriforum.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN