Header Artwork


Die AfriForum-tak in Bethlehem het op 15 en 16 Maart 2019 selfverdedigingsklasse vir vroue ouer as 12 jaar in samewerking met Fortis en Ufit aangebied.

“AfriForum glo daarin om ons mense met kennis, inligting en opleiding te bemagtig. ’n Reeks aksies wat op selfverdediging gemik is, sal op dié opleiding volg,” sê Isolde Laesecke, voorsitter van AfriForum se Bethlehem-tak. “Dit was lekker om te sien hoe vroue van alle ouderdomme dié geleentheid bywoon om hulself te bemagtig.”
“AfriForum se Bethlehem-tak wil graag meer lede van die gemeenskap by hierdie soort aksies betrek. ’n Gemeenskap wat sigself beveilig en bemagtig, is ’n sterk gemeenskap,” sê JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Bethlehem-tak beplan ’n reeks selfverdedigingsklasse waarby die hele gemeenskap kan baat. Die datums en sessies sal deurgegee word en die Bethlehem-tak nooi die gemeenskap uit om hierdie aksies te ondersteun.
Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Bethlehem” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN