Header Artwork
AfriForum se Bothaville-tak plant bome by skool

Die AfriForum-tak in Bothaville het op 19 November 2020 tien esbome by die Kleinbroek Primêre Skool buite Bothaville geplant.

Willie Prinsloo, voorsitter van AfriForum se Bothaville-tak, het die bome saam met Johann Grobler, die skoolhoof, geplant en die hoop uitgespreek dat daar nog baie kinders onder daardie bome sal baljaar.

“Om bome te plant skep hoop en wys dat ’n mens vertroue in die toekoms het. Daarom is dit so belangrik dat die tak steeds bome geplant het al het dit nie in die amptelike boomplantmaand plaasgevind nie. Dit is ook goed dat die tak die plaasskole onthou, want Bothaville is een van die min plekke waar daar nog drie florerende plaasskole is,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

AfriForum se Bothaville-tak moedig die gemeenskap aan om by die tak betrokke te raak om van Bothaville ’n beter dorp te maak: SMS “Bothaville” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN