Header Artwork
#OnsDorp-veldtog: Delmas-tak vul slaggate

AfriForum se Delmas-tak het die afgelope naweke meer as 40 sakke teer (sowat twee ton) gebruik om slaggate in dié dorp te herstel as deel van die organisasie se #OnsDorp-veldtog. AfriForum-taklede en vrywilligers het slaggate by die Laerskool Delmas opgevul. Die Delmas-tak het vanjaar al meer as 500 sakke teer (sowat 25 ton) gebruik om slaggate te vul.

“Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons wil inwoners en skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“Die tak sal soortgelyke volhoubare selfdoenprojekte in die week van 23 November by onder meer die plaaslike KFC-winkel en die Hervormde Kerk aanpak. As ons as ’n gemeenskap saamwerk om probleme uit die weg te ruim, kan ons nog baie sukses behaal,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

AfriForum doen ’n beroep op Delmas-inwoners om by hul plaaslike AfriForum-tak in te skakel om sodoende ’n wesenlike verskil in die gemeenskap te help maak. SMS jou naam na 45350 (R1) as jy wil aansluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN