Header Artwork
AfriForum se Bloemhof-tak versprei voedsel aan behoeftiges    

Die AfriForum-tak in Bloemhof het op 20 Julie in samewerking met Solidariteit Helpende Hand meer as 3 ton vleis aan behoeftige mense in Bloemhof en omliggende dorpe versprei.   

Die tak het weer – net soos in 2020 – verligting onder behoeftiges gebring deur vleis aan inwoners van dié dorpe te voorsien: Christiana (650 kg), Schweizer-Reneke (400 kg), Hertzogville (200 kg) en Bloemhof (160 kg). Aartappels is saam met die vleis aan verskeie instansies in dié dorpe geskenk sodat dit gebruik kan word om behoeftiges te voed. Die instansies sluit die Heil-Lof Sentrum in Christiana en die N.G. Welsyn in Schweizer-Reneke in.  

Albert Nel, ondervoorsitter van AfriForum se Bloemhof-tak, het vanjaar weer hierdie projek saam met Helpende Hand aangepak omdat soveel mense in hierdie streek ’n tekort aan voedsel ondervind. Inwoners van die betrokke dorpe wat die vleis en aartappels ontvang het, was vol lof en dankbaarheid. Armoede is ’n werklikheid en baie families gaan slaap honger. Hierdie projek skep egter weer hoop.  

“AfriForum en Helpende Hand het ’n baie goeie verhouding in die Stellaland-streek en elke jaar sien ons hoe behoeftige mense danksy hierdie voedselverspreidingsnetwerk ondersteun word. Dis ’n groot voorreg om deel te wees van só ’n projek wat ’n groot verskil in die streek maak,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.  

Die AfriForum-groentetuine in hierdie streek sal ook met die volgende oes verseker dat nie net vleis voorsien word nie, maar ook groente. Die streek spog reeds met drie groentetuine.  

“Ons doen wat ons kan met wat ons het. Ons is dankbaar vir die skenking vleis en dis vir AfriForum ’n groot voorreg om met die voedselverspreiding te help,” sê Nel.  

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS jou naam na 45344 (R1) en word deel van die oplossing 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN