Header Artwork
AFRIFORUM TAKSUKSESSE: MEI 2021

TAKSUKSESSE: MEI 2021 – NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het bystand verleen tydens die arrestasie van ’n huisinbreker.
  • Die buurtwag het deurlopend onluste by Kenana gemoniteer.
  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies op die N4-snelweg gehou ná talle voorvalle waartydens skerp voorwerpe soos ysterpenne oor die pad geplaas is.

 

Groter Moot

  • AfriForum se Oos-Moot- en Moot-tak het saamgesmelt en staan nou bekend as die Groter Moot-tak.
  • Die tak het verskeie werwingspunte deur die loop van die maand gehad.
  • Die tak het die brandweer gehelp om verskeie brande in die omgewing rondom die spruit te blus.
  • Die buurtwag het saam met AfriForum se Centurion-buurtwag gewerk om sigbaarheid te verbeter.
  • Die buurtwag het Forum Sekuriteit gehelp met die verskuiwing van leeus van Noordwes na die Wes-Kaap.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie ander AfriForum-buurtwagte sigbaarheidsoperasies gehou.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n vermiste persoon op te spoor.
  • Die buurtwag het bystand gebied ná afloop van ’n tref-en-trap-voorval.

 

Centurion

  • Die tak het die gras rondom die militêre heining gesny om sigbaarheid te verhoog. Misdadigers het die lang gras gebruik om in weg te kruip en te ontsnap, daarom was dit belangrik om hierdie gebied skoon te maak.
  • Die tak het drie nuwe werkers in diens geneem nadat ’n verdere drie volhoubare projekte van stapel gestuur is. Dié drie werkers is onderskeidelik verantwoordelik vir die instandhouding van die militêre begraafplaas, die skoonmaak van sypaadjies en die optel van vullis in die Valhalla-gebied.

 

Moreletapark

  • Die tak het in samewerking met die Tshwane-metro ’n skoonmaakprojek in die Moreletapark-omgewing aangepak. Die projek het onder meer die verwydering van onwettige plakkate behels, asook die optel van vullis.

 

WES-RAND

Krugersdorp

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers ’n massapatrollie in Krugersdorp gehou.
  • Die tak het sy Wen ’n Bakkie-kompetisie afgeskop waartydens iemand die kans staan om ’n bakkie te wen. Die tak beplan ook om vir hulself ’n bakkie aan te koop
  • Die tak het in samewerking met die VF+ meer as 400 slaggate met 6,5 ton teer in Krugersdorp opgevul.
  • Die buurtwag het weer eens in samewerking met verskeie rolspelers ’n massapatrollie in die dorp gehou

 

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het weer eens begraafplaaspatrollie gehou.
  • Die tak het 5 ton teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die buurtwag het twee lede vir hommeltuigopleiding gestuur (spesifiek nagvlugopleiding).

 

Fochville

  • Die tak het 2 ton teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.

 

Vereeniging

  • Die tak het 36 ton teer aan die gemeenskap geskenk om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het in samewerking met verskeie organisasies nóg ’n skoonmaakprojek by die Vryheidsmonument gehou.

 

Roodepoort

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers ’n massapatrollie in die dorp gehou.

 

OOS-RAND

Springs 

  • Die tak het in samewerking met die Move One Million-beweging ’n skoonmaakprojek in Butlerpark gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Rus ’n Bietjie-ouetehuis gehou.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in die dorp gehou.
  • Die tak het voortgegaan om ’n saak teen die Ekurhuleni-metro te voer met betrekking tot die toestand van plaaslike vullisterreine en wag steeds op terugvoer.
  • Die buurtwag het met behulp van sy SNIPR-kameraprojek twee verdagte voertuie – waarvan een vermoedelik by kapings betrokke was – opgespoor.
  • Buurtwaglede het bystand verleen op drie ongelukstonele deur die verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het gehelp met die blus van ’n brand by ’n herwinningsaanleg.

 

Germiston

  • Die tak het sy slaggatherstelprojek afgehandel.

 

Brakpan

  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om slaggate op te vul.
  • Die tak het basiese noodhulpopleiding aan die plaaslike SAPD gebied.

 

MPUMALANGA

Piet Retief

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid te verhoog.

 

Standerton    

  • Die buurtwag het hulp verleen op ongelukstonele.
  • Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou om sigbaarheid in en om die dorp te verhoog.
  • Die tak het in samewerking met Ons Radio en Lekwa Cleanup Crew ’n slaggatherstelprojek afgeskop.
  • Die buurtwag het die brandweer en Jeria-nooddienste gehelp om huisbrande te blus.
  • Die buurtwag het die SAPD en die brandweerdiens bygestaan tydens betogings in die dorp oor elektrisiteitskwessies.
  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande te blus.

 

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande in die omgewing te blus.
  • Sowel die tak as die buurtwag het bystand gebied op ongelukstonele.
  • Die tak het slaggate in Secunda opgevul.

 

Delmas 

  • Die AfriForum-buurtwagte in Delmas, Eloff en Argent het ’n massapatrollie gehou.
  • Die tak het aan ’n verfprojek in die dorp deelgeneem.
  • Die tak het slaggate in Delmas opgevul.

 

Witbank

  • Die tak het gehelp om kospakkies by Solidariteit Helpende Hand af te laai.

 

Witrivier

  • Die buurtwag het opleiding ontvang.
  • Die tak het ’n nuwe bussie vir die buurtwag aangekoop.
  • Die buurtwag het aan ’n patrollie op die N4-snelweg deelgeneem om dit te beveilig.

 

Nelspruit

  • AfriForum se Cairn-Burnside-plaaswag het aan ’n patrollie op die N4-snelweg deelgeneem om dit te beveilig.

 

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word wanneer die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het meer as 700 sakke teer gebruik om slaggate in die dorp op te vul.
  • Die tak het die Rus in Vrede-projek in samewerking met Hoëveld Begrafnisdienste afgeskop en begin om begraafplase in Bethal skoon te maak en op te ruim. Dié projek is as ’n volhoubare projek geïdentifiseer.
  • Die tak het meel aan 90 gesinne geskenk as deel van ’n volhoubare voedselhulpprojek.
  • Die tak het meer as 2 000 spinasieplante in die gemeenskapstuin aangeplant om te help met armoedeverligting in die gemeenskap.

 

Dullstroom

  • Die buurtwag het aan ’n patrollie op die N4-snelweg deelgeneem om dit te beveilig.
  • Die buurtwag het gereeld bystand gebied op ongelukstonele.

 

Machadodorp

  • Die buurtwag het aan ’n patrollie op die N4-snelweg deelgeneem om dit te beveilig.
  • Die tak het slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde Toyota Land Cruiser opgespoor. Ander rolspelers was ook betrokke en een arrestasie is gemaak.
  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie ander rolspelers ’n gesteelde vragmotor teruggevind.

 

Lydenburg

  • Die tak het ’n nuwe geiser by Huis Kanabas geïnstalleer nadat die bejaarde inwoners aan hul eie genade oorgelaat is en in koue water moes bad.
  • Die tak het sonaangedrewe ligte rondom die duikweg geïnstalleer om dié gebied te beveilig.

 

Malelane

  • Die buurtwag het aan ’n patrollie op die N4-snelweg deelgeneem om dit te beveilig.

 

LIMPOPO

 

Phalaborwa

  • Die tak het slaggate rondom skole in die dorp opgevul.

 

Nylstroom

  • Die tak het ’n #VegEnBou-week gehou.

 

Naboomspruit

  • Die buurtwag het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het wildstrikke uit velde verwyder.
  • Die buurtwag het ’n vermeende motordief in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het gehelp om brande in die omgewing te blus.
  • Die buurtwag was paraat by talle OTM’s in die dorp.

 

Potgietersrus

  • Die buurtwag het gehelp om brande in die omgewing te blus.
  • Die buurtwag het sigbaarheidspatrollies gehou.

 

TAKSUKSESSE: MEI 2021 – SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

 

MOOIRIVIER

 

Bothaville

 

  • Die tak het weekliks twee werkers gehuur om die eilande en veld vanaf die Spur tot by die Sasol-vulstasie skoon te maak.
  • Die buurtwag het daagliks minstens drie keer patrollie gery.
  • Die tak het die dorp se drinkwater laat toets ná klagtes dat dit sleg ruik en vreemd lyk. Die tak wag tans op die watertoetse se uitslae.

 

Parys

  • Die tak se omgewingsakebeampte het munisipale probleme aangemeld en toegesien dat dit aangepak word.
  • Die buurtwag het vyf patrollies gehou.
  • Die tak het begin om die ou begraafplaas op die dorp in samewerking met Parys Selfdoen skoon te maak.

 

Sasolburg

  • Die buurtwag het aan oorgrenspatrollies deelgeneem, asook ’n veldbrand help blus.
  • Die tak het 30 ton teer ter waarde van R72 000 gebruik om 482,6 m² se slaggate op te vul.

 

ROSESTAD

 

Algemeen

  • Die takke in Bloemfontein het hul #VegEnBou-veldtog afgeskop met ’n vullisverwyderingsprojek waartydens meer as 100 ton vullis verwyder is, terwyl ’n bewusmakingsessie oor die organisasie se aktiwiteite in Bloemfontein ook gehou is.
  • AfriForum Jeug en AfriForum se Bloemfontein-takke het asblikke aan Cheetahs for Change geskenk om hulle te help om die omgewing rondom die Toyota-stadion skoon te hou. Die Mangaung-metro het die afgelope paar weke geen skoonmaakdienste gelewer nie.
  • Die takke in Bloemfontein het as deel van hul #VegEnBou-veldtog verkeerstrepe op paaie geverf, sypaadjies en parke skoongemaak, en rommel weggery.
  • Die Bloemfontein-takke het verskeie skoonmaak- en herstelprojekte in Rayton View, Heuwelsig, Wilgehof, Gardeniapark en Bloemfontein-Noord aangepak as deel van die organisasie se #VegEnBou-veldtog.
  • AfriForum het ’n skrywe aan adv. Tankiso Mea, waarnemende munisipale bestuurder van die Mangaung-metro, gerig en geëis dat belastingbetalers wat van alternatiewe vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie meer vir munisipale vullisverwydering moet betaal nie. Dié skrywe het gevolg nadat die metro die afgelope jaar versuim het om vullisverwyderingsdienste volhoubaar aan die inwoners van Bloemfontein te lewer.

 

Boshof

  • Die tak het dr. André Hattingh in Boshof verwelkom toe hy die dorp tydens sy On Track-Tor for Charity-toer aangedoen het. Die tak het in samewerking met Da Capo-gastehuis, Rita Wessels en die gemeenskap meer as R5 000 vir die projek ingesamel. Da Capo-gastehuis het ook gratis verblyf aan dr. Hattingh gebied.

 

HOOGLAND

 

Welkom

  • Die tak het boere in die gemeenskap bygestaan en R10 000 aan hulle geskenk ná verwoestende brande groot skade aangerig het. Taklede het ook gehelp met die verspreiding van noodsaaklike voedsel aan die boere.

 

Kroonstad

  • Die tak het terugvoer van die munisipaliteit ontvang oor die aksie wat die munisipaliteit gaan neem met betrekking tot skoonmaak- en rioolprobleme wat in die dorp ondervind word. Dít volg ná AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland ’n regskrywe aan die munisipaliteit gestuur het.
  • Die tak het in samewerking met ander organisasies voortgegaan om die Konsentrasiekampbegraafplaas skoon te maak en op te ruim. Taklede het ook die onkruid in die begraafplaas met gif behandel.
  • Die tak het kos en ander verversings aan Forum Sekuriteit voorsien nadat personeel van dié sekuriteitsmaatskappye op Kroonstad oornag het.

 

Frankfort

  • Die tak se hofsaak word op 24 Julie 2021 aangehoor.
  • Die tak is deur die Mafube-sakeforum na ’n glansaand uitgenooi waartydens die nuwe Agri-Town-konsep bespreek is, terwyl daar ook beraadslaag is hoe Pionier Dienstemaatskappy moontlik daarby betrokke kan raak.

 

Harrismith

  • Die tak het voortgegaan om die slaggate in die dorp op te vul. Taklede het 135 slaggate met 4 230 kg teer opgevul. Die tak beskou sy slaggatherstelprojek as ’n volhoubare projek.

 

Senekal

Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek van stapel gestuur. Die tak het ook ’n finansiële bydrae gelewer én arbeid beskikbaar gestel met betrekking tot die herstel van belangrike pypleidings in die dorp.

 

NOORDWES

MOOIRIVIER

 

Klerksdorp

 

  • Die tak het ’n inspeksie by die dorp se rioolwerke uitgevoer, terwyl ’n kenner ’n verslag saamgestel het met aanbevelings aan die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit met betrekking tot die haglike toestand van die rioolwerke.

 

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het gehelp met die regulering van verkeer tydens onluste, terwyl hulle ook gehelp het om brande te blus en paaie opgeruim het.
  • Die buurtwag het kabeldiefstal by ten minste vyf plekke verhoed.
  • Die buurtwag het die gemeenskap bygestaan om verskeie veldbrande te blus.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens onluste én hulle het gehelp om die pad op te ruim sodat dit weer vir verkeer oopgestel kon word.

 

Potchefstroom

  • Die tak het kospakkies aan ’n hulpbehoewende gesin voorsien totdat Solidariteit Helpende Hand die gesin verder kon bystaan.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery en ongeveer 100 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het vir die eerste keer ’n sigbaarheidspatrollie in samewerking met die SAPD gehou.
  • Die tak se omgewingsakebeampte het daagliks probleme met betrekking tot water- en rioollekkasies aangemeld én dit opgevolg totdat oplossings daarvoor gevind is.
  • Die tak het 252 m² se slaggate met 511 sakkies teer opgevul.

 

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het deurlopend druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.

 

Orkney

  • Die buurtwag het ’n konsert met Steve Hofmeyr as gaskunstenaar gehou om fondse vir die buurtwag in te samel.

 

MARICO

 

Lichtenburg

  • Die tak het in samewerking met NWK ’n reusepadherstelprojek voltooi. Die herstelwerk is in Breëstraat voor die Hoërskool Lichtenburg gedoen en ongeveer 34 ton teer is daarvoor gebruik. Die totale omvang van die projek was naastenby 250 m², terwyl die teer, wat deur NWK geborg is, se koste nagenoeg R40 000 beloop het.

 

Zeerust

  • Die tak het slaggate in dié dorp in samewerking met NWK en Toyota opgevul. 119 sakkies teer – gelykstaande aan 3 ton – is gebruik om 142 slaggate op te vul. Die totale koste van die projek het ongeveer R12 000 beloop.
  • Die tak het ’n volhoubare skoonmaakprojek by die Burgermonument afgeskop. Dít volg nadat die tak vroeër vanjaar ’n monumentoudit op dié monument uitgevoer het.

 

Rustenburg

  • Die tak het ’n lugversorger met ’n sterkte van 12 000 Britse Termiese Eenhede (BTU) aan die Miernes Kleuterskool in Safari Tuine geskenk.

 

STELLALAND

 

Biesiesvlei

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD 30 sigbaarheidspatrollies gehou om sigbaarheid in die omgewing te verhoog.

 

Delareyville

  • Die tak het sy slaggatherstelprojek in samewerking met die DA voortgesit en tot dusver al meer as 200 sakke teer gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak het die twee plaaslike begraafplase skoongemaak as deel van die organisasie se #VegEnBou-strategie.

 

Vryburg

  • Die tak én die buurtwag het die droogtehulpkonvooi suksesvol deur die dorp gelei tydens hul roete op pad na Upington.
  • Die tak het ’n sonaangedrewe straatligprojek van stapel gestuur en meer as tien sonaangedrewe straatligte aan die gemeenskap geskenk.

 

Christiana

  • Die tak het parkeerstrepe in Voortrekkerstraat geverf as deel van ’n volhoubare projek.
  • Die tak het saad aangekoop vir sy volhoubare groentetuinprojek.

 

Hertzogville

  • Die tak het in samewerking met die plaaslike boerevereniging die begraafplaas op die dorp skoongemaak as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.

 

Schweizer-Reneke

  • Die tak het saad aangekoop en ’n beplanningsvergadering gehou met die doel om ’n volhoubare groentetuinprojek by die Hoërskool Schweizer-Reneke van stapel te stuur.

 

 

KWAZULU-NATAL

 

Amanzimtoti

  • Die tak het ’n bewusmakingsaksie op die strand gehou.
  • Die tak beplan om ’n skoonmaakprojek by die plaaslike Konsentrasiekampbegraafplaas te hou.

 

Utrecht

  • Die tak was deurlopend betrokke by ’n voedselhulpskema.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

 

Hluhluwe

  • Die buurtwag het twee gesteelde voertuie teruggevind en gevolglik ses verdagtes aangekeer.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

 

Vryheid

  • Die tak het hofstukke op die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit beteken.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het brandbestrydingstoerusting aangeskaf.
  • Die buurtwag het talle patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Pongola

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek langs die N2-snelweg gehou.
  • Die tak het rommel in die dorp opgetel en weggery.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het die munisipaliteit gekontak oor straatligte wat buite werking is.
  • Die buurtwag het ’n gesin bygestaan tydens ’n noodgeval.
  • Die buurtwag het talle patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Paulpietersburg

  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die buurtwag het talle patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

TAKSUKSESSE: MEI 2021 – SUIDSTREEK

 

NOORD-KAAP

 

Bo-Karoo

  • Die tak het veiligheidsopleiding ontvang.

 

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

 

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het dié dorp se hoofstraat rondom die waterwiel skoongemaak, asook aan die oorkant van die pad waar die openbare badkamers geleë is. Taklede het die sakke vullis daarna na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het kos by twee behoeftige families in die dorp afgelewer.

 

Kimberley

  • Die tak het skrywes aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit gerig om ’n datum te versoek om oor die stad se waterinfrastruktuur en -kwaliteit te vergader.
  • Die tak het rekordhoudingsbriewe aan sy lede uitgestuur waarop hulle hul onderskeie huishoudings se waterdruk moet aanteken.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

 

Kuruman

  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om ’n vermeende skelm vas te trek wat vuurwapens by jagters gesteel het nadat hulle Die Oog aangedoen het. Al die vuurwapens is uiteindelik teruggevind.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het een van die kameras wat deur weerlig beskadig is vervang. Dié kamera is een van die belangrikste kameras in Kuruman en dek een van die belangrikste gebiede in die dorp om te verseker dat die beheerkamer optimaal funksioneer.

 

Prieska

  • Die tak het ’n beswaar aan die munisipale raad gestuur rakende die raad se versoek om insette te lewer op die konseptariewe vir die 2021/2022- finansiële jaar.

 

Upington

  • Die tak het in samewerking met King’s Bakery op die dorp 300 brode aan sopkombuise in die woonbuurte van Rosedale, Kalksloot en Stasiekamp geskenk.
  • Die tak het ál vier die hoofingange na die dorp – vanaf Namibië, Olifantshoek, Keimoes en Groblershoop – skoongemaak. Taklede het gras gesny, vullis opgetel en voorbrande gemaak. Ongeveer 150 sakke vullis is opgetel en 50 bakkievragte gras en boomstompe/-takke is weggery.
  • Die tak het as deel van sy #VegEnBou-week ’n optog gereël waaraan ongeveer 60 mense deelgeneem het. Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, het tydens hierdie optog ’n memorandum rakende dienslewering en toerisme aan sowel die burgemeester as munisipale bestuurder van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit oorhandig.
  • Die tak het Droogtehulp SA bygestaan deur pakkies lekkernye, koeldrank en water aan 35 vragmotorbestuurders en helpers uit te deel, terwyl taklede ook in samewerking met die SAPD en verkeersbeamptes 22 vragmotors en tien bakkies deur die dorp begelei het.
  • Die tak het 2 000 liter drinkwater in Leseding – ’n gemeenskap van ongeveer 8 000 inwoners wat 15 km buite Upington geleë is – afgelewer. Die kragkabels wat elektrisiteit aan die pomp moet verskaf om water in die reservoir te pomp, is gesteel. Hierdie projek is in samewerking met die DA aangepak.
  • Die tak het 150 skaaptjops en 15 kg boerewors aangekoop en vir die inwoners van die Oranjehof-ouetehuis gebraai. Die tak het ook koeldrank, aartappelslaai en wortelslaai saam met die braaivleis bedien. Dit was die eerste braai by die ouetehuis in langer as ’n jaar as gevolg van COVID-19.
  • Die tak het gratis verblyf en etes aan Patrick Styles voorsien. Styles stap al die afgelope agt jaar die land plat met sy houtkruis om bewusmaking te skep vir verskeie verdienstelike sake, waaronder plaasaanvalle en -moorde. Die sleepwa waarop Styles se kruis rondgesleep word het meganiese herstelwerk benodig en Cycle City, ’n plaaslike onderneming, het dit kosteloos herstel.

 

Vaalharts

  • Die tak en verskeie ander rolspelers in die gemeenskap het met die nuwe munisipale bestuurder vergader oor talle knelpunte in die gemeenskap.

 

OOS-KAAP

 

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.

 

Gamtoosvallei

  • AfriForum se veiligheidstrukture in die Sondagsriviervallei, Gamtoosvallei en Kirkwood het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • David Phelham, voorsitter van die Gamtoosvallei-plaaswag, het ’n oproep ontvang om ondersoek na ’n verdagte motorbestuurder in te stel. Die bestuurder se aksies was soos dié van iemand wat onder die invloed van alkohol is. Phelham het die voertuig uit Patensie in die rigting van Hankey agtervolg en kon daarin slaag om die voertuig van die pad te dwing, dit onskadelik te maak en die sleutels af te neem ten spyte van ’n baie aggressiewe houding van die bestuurder. Sodoende is potensiële lewensverlies voorkom. Die SAPD is gevolglik ontbied en het die toneel oorgeneem.

 

Port Elizabeth

  • AfriForum se Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om die gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het as deel van AfriForum se nasionale slaggatuitdaging talle slaggate in Planestraat, Walmer opgevul. Daarna is die parkie op die hoek van Isobel- en Margerylaan in Broadwood opgeknap deur die gras te sny en vullis te verwyder. Daar word met hierdie aksies gehoop dat die #OnsSalSelf-beginsel in dié stad sal posvat.

 

WES-KAAP

 

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Dié dorp se nuutgestigte tak het sy eerste projek afgeskop deur 230 bome en struike by die Sunny Kids Kleuterskool te plant.

 

Helderbergkom

  • Die tak én buurtwag het in samewerking met AfriForum Jeug die Dirkie Uys-monument in Somerset-Wes herstel en geoudit.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

 

Hessekwa

  • Die Albertinia-plaaswag het gereageer op ’n boodskap dat ’n inbraak op die plaas Buffelsfontein in die Albertinia-distrik plaasgevind het. Twee plaaswaglede het hul daarheen gehaas, terwyl die Albertinia SAPD ook van die voorval in kennis gestel is. Die plaaswag het die verdagte ’n halfuur later aangekeer en aan die SAPD oorhandig. Verskeie gevaarlike wapens soos ’n kapmes en ’n gaspistool is ook by die verdagte afgeneem en beveilig.
  • Die Riversdal-buurtwag en die Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

 

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het as deel van die organisasie se #VegEnBou-veldtog in die Kaapse metropool verskeie projekte by die Paarl School in Brackenfell aangepak; die skool se klimrame is afgeskuur en oorgeverf, terwyl twee appelkoosbome wat aan die skool geskenk is ook sommer geplant is.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum se Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag ses AfriForum-naamborde in verskeie gebiede in Philippi opgerig.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Sopieshoogte Erfenisterrein in Goodwood gehou waartydens onkruid verwyder is en die monument oorgeverf is.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die metro se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

 

Kraaifontein

  • Die tak het twee geskenkbewyse aan die onderskeie wenners van die plaaslike Voortrekkers se pretloop geskenk as deel van die tak se fokus op jeugontwikkeling.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

 

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag het die plaaslike SAPD bygestaan om ’n gesteelde waentjie terug te vind.
  • AfriForum se Hemel-en-Aarde- en Stanford-plaaswag en die organisasie se Alfa- en Fisherhaven-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien met betrekking tot die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

 

Vredendal

  • Die tak het 18 AfriForum-naamborde in verskeie gebiede in die Matzikama-distrik opgerig.
  • Die tak het ’n nuwe buurtwag in Klawer gestig. Dit bring die getal AfriForum-veiligheidstrukture in die Matzikama- munisipale gebied op 12 te staan. Hierdie 12 veiligheidstrukture het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder van die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit gerig in verband met verskeie rioolkwessies in Vredendal.

 

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

 

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN