Header Artwork
AfriForum se Bloemfontein-takke skop #VegEnBou-projek af

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het op 1 Mei hul #VegEnBou-projek afgeskop met ’n vullisverwyderingsprojek en ’n bewusmakingsessie oor AfriForum se aktiwiteite in Bloemfontein.

AfriForum Jeug, AfriForum-buurtwagte, VR Sekuriteit, Med24/7 Ambulansdienste en die noodmediesevoertuig van Life Rosepark Hospitaal was deel van die bewusmakingsessie.

AfriForum se Rayton-Heuwelsig-tak het vroegoggend begin om vullis te verwyder. Talle ondernemings en lede van die gemeenskap het skenkings gemaak en ook self die tak gehelp om vullis in Hillsboro, Dan Pienaar en Heuwelsig te verwyder. ’n Totale afstand van 580 km is afgelê om die projek te voltooi en altesaam 105 ton vullis is verwyder.

“Hierdie aksie is nie net deur AfriForum behartig nie, maar lede van die publiek en ondernemings het nadergestaan en gevra hoe hulle kan help. Die publiek maak ons hande sterk en ons sou dit nie sonder hulle kon doen nie,” sê Christo Groenewald, distrikskoördineerder van AfriForum se Bloemfontein-takke.

AfriForum lewer reeds sedert September 2020 ’n volhoubare vullisverwyderingsdiens aan inwoners van Bloemfontein wat by dié diens aangesluit het, omdat die munisipaliteit nie gereeld vullis verwyder het nie. Alle lede van die publiek word verwelkom om te registreer en aan te sluit.

“Ons is ook trots om te noem dat die Bloemfontein-tak reeds vier volhoubare projekte het waaronder die vullisverwyderingsdiens sowel as die projek om straatname te verf. Ons het ook Anchor of Hope wat gaan help om twee monumente op ’n maandelikse basis in stand te hou en op te knap – een by die President Brand Begraafplaas en die Britsmonument by die Presidensie. Te danke aan die kontrakteurs wat aangestel is onder AfriForum Pionier en die aankoop van trekkers, sal ons ook nou in staat wees om die noorde en suide van Bloemfontein op te knap en in stand te hou,” sê Groenewald.

AfriForum en Cheetahs for Change gaan ook saam ’n verskil maak en daag die skole en gemeenskap uit om in te skakel by AfriForum Jeug om skoonmaakprojekte aan te pak.

SMS “AfriForum” na 45266 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN