Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak woeker in Januarie

AfriForum se Bethal-tak het gewoeker in Januarie en reeds op 23 Januarie hulle eerste slaggat-aksie voltooi.

Die slaggat-aksie het byna R16 000 beloop. Inwoners van Bethal Uitbreiding 5 het nagenoeg R10 000 ingesamel om tot die projek by te dra. Die pad by Gemsbok- en Blesbokstraat is herstel en 320 sakkies SLC Pothole Fix is gebruik.

Verder is daar ’n stopteken op die hoek van Percy de Kock- en Jabulani Selepistraat herstel nadat ’n motoris die stopteken omgery het. ’n Tweede stopteken op die hoek van Gemsbokstraat en Davelweg is ook herstel.

Die tak se noodwaterpunt het gemeenskappe gehelp wat watertekorte ervaar het as gevolg van die Govan Mbeki Munisipaliteit se wanbetaling van Rand Water se rekening. AfriForum het ook verdere regsaksie teen Rand Water ingestel.

Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN