Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak help met ontsmetting van kerke en skole   

Die AfriForum-tak in Bethal het gehelp om kerke en ander belangrike sleutelpunte in dié dorp te ontsmet. Die tak het op 29 Junie die Huis van Gebed in Bangleystraat ontsmet en op 30 Junie die TWK Koöperasie.

Die tak ontsmet al ’n geruime tyd lank kerke en skole gratis aangesien hierdie instellings nie oor die nodige fondse beskik om dit self te doen nie.

“Hoewel die meeste plekke gesluit is as gevolg van die vlak 4-inperkingsregulasies is daar steeds begrafnisdienste wat in kerke gehou word, asook noodsaaklike dienste wat in ander plekke verrig moet word. Juis daarom skroom ons nie om te help in die moeilike tye nie,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: SMS jou naam na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN