Header Artwork
AfriForum: ANC se stilswye oor eie vuurwapens dui op dubbele standaarde

Die burgerregteorganisasie AfriForum eis duidelikheid oor die stand van vuurwapens wat tans deur die ANC besit word.

’n Onbekende aantal vuurwapens is destyds deur die Nasionale Party-regering aan die ANC toegestaan omdat die ANC beweer het dat hulle nie vertroue in die polisie het om hulle lede te beskerm teen politieke geweld nie.

Dit is egter onduidelik wat van die vuurwapens geword het en of die vuurwapens ooit herlisensieer is onder die nuwe vuurwapenwetgewing van 2000. Volgens AfriForum het ’n bron na aan Luthuli Huis ook bevestig dat daar nie rekord gehou word van die vuurwapens nie en dat talle reeds vermis word.

“Dit dui net weereens op die ANC se dubbele standaarde. Toe die party en sy lede nie vertroue gehad het in die polisie om hul te beskerm nie het hul aangedring om wapens te besit. Nou dat hulle in beheer is en deur gewapende lyfwagte beskerm word op die belastingbetaler se onkoste, het hul die vermetelheid om die burgery te wil ontwapen,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte.

AfriForum doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om aan die openbare deelnameproses oor die wysigings aan die vuurwapenwetgewing deel te neem, deur hul naam te gaan byvoeg by www.myvuurwapen.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN