Header Artwork
AfriForum rig vertoë aan Emfuleni ná kragonderbreking

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 4 Desember 2020 in samewerking met ander rolspelers in Vereeniging vertoë aan die Emfuleni Munisipaliteit gerig nadat inwoners van Drie Riviere die afgelope drie weke reeds sonder krag is. Dit volg nadat dié munisipaliteit versuim het om hulle pligte na te kom deur nie herstelwerk aan ’n hoofkabel te verrig nie.

AfriForum het dié vertoë aan die munisipaliteit gerig sodat die munisipaliteit hierdie probleem, wat weens hulle nalatigheid veroorsaak is, kan oplos en die kragtoevoer na die woonbuurt so gou moontlik te herstel. Die munisipaliteit het reeds bevestig dat hulle die vertoë ontvang het.

Talle sakeondernemings is hard deur die COVID-19-pandemie getref en gaan nie soos normaalweg oor Desember kan sluit nie. Die Emfuleni Munisipaliteit is besig om elke belastingbetaler in die gemeenskap te faal en in dieper waters te dompel.

“Die wanbesteding van belastinggeld veroorsaak jaarliks dat munisipaliteite wanbestuur word en die eindverbruiker lei daaronder. Die feit dat Emfuleni nie hul verpligtinge nakom nie, is kommerwekkend en die betalende verbruikers trek aan die kortste end,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

AfriForum wil rolspelers in die gemeenskap aanmoedig om die organisasie te kontak om deel van die oplossing te wees.

Die Emfuleni Munisipaliteit se wanbetaling veroorsaak dat jou krag in gedrang is. AfriForum wil jou krag aanhou. Gee ons jou mandaat: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN