Header Artwork
AfriForum maak begraafplaas in Delareyville skoon

AfriForum se Delareyville-tak het op 30 Maart 2021 die plaaslike begraafplaas begin skoonmaak as deel van hul #VegEnBou-projekte.

Die Delareyville-begraafplaas se grafte was nie sigbaar vanaf die ingang nie omdat dit toegegroei was onder bosse, onkruid en gras. Dit het tot gevolg gehad dat inwoners vir lank nie die grafte van hul afgestorwe familielede kon besoek nie. Die lang gras maak dit ook onveilig vir besoekers.

Inwoners van die dorp – wat gebuk gaan onder swak dienslewering deur die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit – het besluit om die gemeenskap te nader om iewers te begin ingryp. Ondernemings, sakemanne en inwoners het bydraes gemaak en toerusting is bymekaargemaak vir dié groot skoonmaakprojek.

“Hierdie is weer eens ’n bewys van die krag wat ons gemeenskappe het wanneer ons saam inspring en die selfdoenbeginsel toepas. Die agteruitgang van ons kleiner dorpies is duidelik sigbaar, maar wanneer inwoners só saamstaan gee dit vir almal weer hoop,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

“Ons dorp gaan net verder verswak indien ons nie opstaan en terugveg teen agteruitgang nie. Selfdoenprojekte is al wat ons dorp gaan red. Dít wat na ’n onmoontlike taak gelyk het is nou weer bereikbaar danksy AfriForum se veg-en-bou-strategie,” sê Rassie Taljaard, voorsitter van AfriForum se Delareyville-tak.

AfriForum se Delareyville-tak wil graag die volgende ondernemings bedank vir hulle bydraes en hulp: Willem Vosloo, Shell Delareyville, Super Meat, ICC, Galito’s, Spar, Herman du Plessis, Elize Richter, Frans Dunini, Sophia Smook en Jacques du Plessis.

Die takbestuur nooi inwoners van Delareyville uit om betrokke te raak in hulle gemeenskap: Skakel Rassie Taljaard by 083 305 4961.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in Delareyville en omliggende dorpe te maak: SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN