AfriForum Jeug, Saai en Tuks Landbou het vandag hande gevat en ’n gesamentlike opknappingsprojek by die Voortrekkermonument aangepak waartydens gras gesny is, onkruid gespuit is en van die monument se stormwaterslote skoongemaak is. Bernard du Preez, voorsitter van Tuks Landbou, sê dat dit vir die studente-organisasie belangrik is om hul deel te doen om ‘n belangrike erfenisbaken soos die Voortrekkermonument te help bewaar.