Header Artwork
AfriForum se Springs-tak sien verbetering by vullisoorlaaistasie ná volgehoue druk

Die AfriForum-tak in Springs het ná volgehoue druk op die Ekurhuleni-metro uiteindelik resultate begin sien met betrekking tot die plaaslike vullisoorlaaistasie. Die burgerregteorganisasie het drie afsonderlike kere ’n beroep op die metro gedoen om die vullisoorlaaistasie by Daggafontein funksioneel vir die publiek te maak.

“Met die huidige proses om nuwe diensverskaffers by vullisterreine aan te stel het die druk op oorlaaistasies in Springs geweldig vergroot, soveel so dat die publiek hul vullis onwettig in velde en oop spasies in die gemeenskap stort,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Tydens die afgelope paar weke het AfriForum verneem dat ’n diensverskaffer die Daggafontein-vullisoorlaaistasie skoonmaak. Dus kan dié oorlaaistasie nou funksioneel deur die gemeenskap gebruik word.

“Dit is ’n verligting om te sien dat die metro besig is om ’n groot probleem in die gemeenskap aan te pak en te verbeter. AfriForum hoop hulle sal voortgaan om hul verantwoordelikhede na te kom teenoor die inwoners wat vir dienste betaal. AfriForum doen ’n beroep op gemeenskapslede om die vullisoorlaaistasies te gebruik eerder as om hul vullis in velde en parke te stort,” sê Ungerer.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: Stuur ’n e-pos na springs@afriforumtak.co.za.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN