Header Artwork
Minister gemaan om nuwe inligting in ag te neem, ivermektien vir COVID-19 aan te beveel

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die I Can Make a Difference-doktersgroep het vandag ’n brief aan die waarnemende minister van Gesondheid gerig. In dié brief word die minister gemaan om nuwe inligting in ag te neem, ’n tipe II- foutiewe besluit te vermy en om ook die nodige stappe te neem om die voorkoming en effektiewe vroeë behandeling van COVID-19 deur middel van ivermektien (in kombinasie met ander middels soos nodig) aan te beveel, te bevorder, te verseker en ook toe te sien dat dit beskikbaar is.

Dit volg op die owerhede se versuim om dringend op te tree en die bevordering en gebruik van heraangewende medisynes vir voorkoming en vroeë behandeling van COVID-19 te verseker. Dit is ten spyte van die hewige derde golf van COVID-19-infeksies wat woed en die Gauteng-gesondheidstelsel wat onder geweldige druk verkeer weens die toename in hospitaalopnames.

“Die nuutste gepubliseerde inligting wys dat 6 uit 10 lewens gered kan word deur ivermektien te gebruik. Die bewyse is oorweldigend. Dit is ’n welbekende, goedkoop medisyne. Dit is ’n veilige medisyne – presies waarna ons op soek is,” sê dr. Naseeba Kathrada, stigter van die I Can Make a Difference-doktersgroep.

Die organisasies het ook die minister se aandag gevestig op ’n artikel getiteld “Ivermectin for prevention and treatment of COVID-19 infection: A systematic review, meta-analysis, and trial sequential analysis to inform clinical guidelines” wat op 19 Junie in die American Journal of Therapeutics gepubliseer is. Dié ontleding en hersiening het bevind dat ivermektien sterfterisiko met gemiddeld 62% verlaag en waarskynlik die risiko om COVID-19 op te doen met gemiddeld 86% verminder. Die gevolgtrekking wat gemaak word is:

Ivermectin is likely to be an equitable, acceptable, and feasible global intervention against COVID-19. Health professionals should strongly consider its use, in both treatment and prophylaxis.

“’n Tipe I- foutiewe besluit is om te besluit om ’n medisyne te gebruik wat uiteindelik nie werk nie. ’n Tipe II- foutiewe besluit is om te besluit om ’n medisyne nie te gebruik nie, en daar word uiteindelik vasgestel dat dit wel doeltreffend is. Wat is die gevolge vir burgers deur nié ’n medisyne te gebruik wat sterfterisiko met gemiddeld 62% en infeksierisiko waarskynlik met 86% verlaag nie?” vra Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

Die resultaat van ’n risiko/voordeel-ontleding vir die gebruik van ivermektien is duidelik: Dit is veilig en dit kan ’n positiewe impak hê. Daar is geen rede nie om te versuim om ivermektien vir voorkoming en behandeling te begin gebruik.

“Ons leef nie onder normale omstandighede nie. Ons is in ’n oorlog gewikkel teen ’n dodelike virus. Mense het besliste optrede nodig. Die minister moet ’n besluit vermy wat mense leed kan aandoen,” sluit Uys af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN