AfriForum se Hospitaalpark-tak het op 3 Julie slaggate in die Hospitaalpark-woonbuurt gevul. Die projek is in samewerking met AfriForum se Wilgehof-tak aangepak en 15 sakkies teer is gebruik om agt slaggate op die hoek van Flemmingstraat en Rontgenlaan op te vul.
“Ons kan nie terugsit en kyk hoe infrastruktuur in plaaslike gemeenskappe weens swak munisipale bestuur verval nie. Slaggate hou ’n beduidende risiko vir motoriste in en kan tot ongelukke lei. Die kostes om ’n motor te herstel wat deur ’n slaggat veroorsaak is, kan duisende rande beloop. AfriForum moedig gemeenskappe aan om by dié burgerregteorganisasie se projekte betrokke te raak om ’n veiliger woonbuurt vir inwoners en hul kinders te skep,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.
Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak aan en skep saam hoop vir jou gemeenskap. SMS “AfriForum” na 45266 (R1) om aan te sluit.