Header Artwork
AfriForum en plaaslike kerk in Bloemhof plant saam groente

AfriForum se Bloemhof-tak het op 19 Mei 2021 weer nuwe sade geplant in hul groentetuin wat saam met die Volle Evangelie Kerk op die dorp bestuur word as deel van die tak se #VegEnBou-strategie.

Dié groentetuinprojek is in 2020 van stapel gestuur weens die voedseltekort wat deur COVID-19-inperkings veroorsaak is. Die plaaslike AfriForum-tak het die projek saam met die Volle Evangelie Kerk, wat die grond beskikbaar gestel het, begin. Hierdie groentetuin verseker voedsel reg deur die jaar en sorg dat die kerk of AfriForum nie vir borge of donasies hoef te vra nie. Selfbestuur en selfdoen is immers deel van AfriForum se missie en visie.

Op die dag is wortels, radyse, spinasie, soetrissies, kool, rape en sprietuie geplant. Die sade, wat deur Simply African Seed Company voorsien is, gaan ook in ander dele van die provinsie se groentetuine gebruik word. Christiana en Schweizer-Reneke se AfriForum-takke is ook besig met ’n volhoubare groentetuinprojek.

’n Groep flukse vroue uit die gemeente en gemeenskap het die sade geplant.

“Dis vir AfriForum ’n groot voorreg om by dié volhoubare projek betrokke te wees. Van die voorbereiding van die grond, die plant van sade en die oes daarvan word deur vrywilligers behartig en dit spreek boekdele oor die projek. Hierdie is ’n projek deur die gemeenskap vir die gemeenskap,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stelland.

Sluit nog vandag by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN