Header Artwork
AfriForum en ander organisasies werk saam om noodverligting in KZN te bring

AfriForum het die afgelope week hande met verskeie organisasies gevat om verdere noodverligting aan gemeenskappe in KwaZulu-Natal te lewer terwyl die naskokke van die onlangse plundering steeds gevoel word.

Volgens Corné Cronjé, AfriForum se bestuurder van Gemeenskapstrukture, het AfriForum saam met Caring Daisies, Agri Noordwes, Agri Limpopo en Saai die afgelope week nóg ’n vrag voedsel en noodsaaklike benodighede na KwaZulu-Natal vervoer wat deur die AfriForum-takstrukture in samewerking met Solidariteit Helpende Hand versprei sal word.

“Landsburgers se harte is steeds oop om gemeenskappe in nood te help. Ons takke het etlike ton voedsel en lewensmiddele as skenkings ontvang wat saam met ruim skenkings van Caring Daisies en Agri Noordwes einde verlede week na KwaZulu-Natal vervoer is. Bykans R500 000 is reeds ingesamel danksy AfriForum se taknoodfonds, asook skenkings deur die publiek en AfriForum-takke. Hierdie fondse sal aangewend word om gefokusde verligting te bied vir gemeenskappe wat dit dringend nodig het,” verduidelik Cronjé.

Caring Daisies het ’n skenking van 350 kg vleis aan die geaffekteerde gemeenskappe gemaak wat ook deur Helpende Hand se netwerk van takke in KwaZulu-Natal versprei sal word.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN