Header Artwork
AfriForum eis dringende optrede om waterprobleem in Krugersdorp op te los

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het ’n dringende skrywe aan die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gerig rakende ’n voortslepende waterprobleem wat dié gemeenskap reeds vir maande lank teister. Die tak vra dat die munisipaliteit onmiddellik ondersoek sal instel na die waterinfrastruktuur in Krugersdorp.

Oor die afgelope twee maande is dele van Krugersdorp gereeld sonder water gelaat. “Inwoners is moeg daarvoor om gereeld ontneem te word van hul basiese reg tot water. Inwoners versoek dat die waterinfrastruktuur in die stad behoorlik onderhou word om die probleme met watertoevoer te verhoed,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Volgens Blignault eis AfriForum en die inwoners van Krugersdorp dat die munisipaliteit aan hulle terugvoer sal verskaf rondom die stappe wat gedoen gaan word om instandhouding en opgradering van die infrastruktuur te verseker.

“Toegang tot skoon drinkwater is ’n basiese mensereg. Om gemeenskappe gereeld en vir dae lank sonder water te laat, is ’n skending van dié mensereg. Daarom is dit vir AfriForum belangrik om die gemeenskap in Krugersdorp te ondersteun sodat dié probleem so gou moontlik opgelos kan word,” sê Blignault.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN