Header Artwork
AfriForum eis antwoorde vanaf Tokologo Plaaslike Munisipaliteit oor kragmeters

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Dinsdag 24 Augustus 2021 ’n versoek om toegang tot inligting te bekom (PAIA) teen die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit ingedien. Die aansoek is van stapel gestuur nadat vele klagtes vanuit die Tokologo-gemeenskap ontvang is rakende die swak gehalte van die koopkragmeters wat geïnstalleer is. Die meters is geïnstalleer in die Tokologo munisipale distrik wat Boshof, Dealesville en Hertzogville insluit.

In die PAIA-aansoek versoek AfriForum dat die munisipaliteit die organisasie moet voorsien van die volgende inligting:

  • Diensooreenkoms tussen die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit en Ideal Prepaid (Pty) Ltd;
  • Diensooreenkoms tussen Tokologo en Mafumu Consulting (Pty) Ltd;
  • SABS-geakkrediteerde sertifikate vir die kragmeters wat geïnstalleer is;
  • Kalibrasiesertifikate van die kragmeters wat geïnstalleer is;
  • Notule van die openbare deelnameprosesse wat gehou is voordat die kragmeters geïnstalleer is.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof van gemeenskapstrukture in die sentraalstreek, veroorsaak die kragmeters ’n groot kopseer vir baie mense in die gebied. “Ons ontvang gereeld klagtes van mense oor die swak kwaliteit van die meters. Mense sukkel om krag op te laai omdat eenhede slegs deur Ideal Prepaid gekoop kan word. Ander probleme sluit ook in dat die kragverbruik vandat die meter geïnstalleer is drasties meer is as tevore en dat die meters nie die kragverbruik akkuraat lees nie.”

Grobbelaar het ook bygevoeg dat die probleme onder die maatskappy se aandag gebring is, maar dat daar niks van gekom het nie. “Die probleme is aangemeld by die maatskappy en ook by die munisipaliteit, maar daar is net gesê dat die gemeenskap die belsentrum moet skakel. Geen van die probleme is opgelos nie en duur steeds voort,” sê Grobbelaar.

Die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit het 30 dae om te antwoord op die versoek waarna AfriForum verdere regstappe sal neem indien die versoek nie nagekom word nie.

Sluit vandag aan by AfriForum en help ons om die saak te veg. SMS die woord “Krag” na 45344 en help ons om vir jou regte te baklei.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN