Header Artwork
AfriForum doen bewusmaking oor afknouery en selfdood by Unika Voortrekkers

AfriForum se teenboelie-en-selfdoodbewusmakingspan het op 17 Mei 2021 by die Unika Voortrekkers in Randburg besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery en selfdood in skole en gemeenskappe en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Kuberafknouery was veral aangespreek, juis omdat dit deesdae ’n groot probleem onder tieners is. Dit is vir AfriForum nie net belangrik om op bewusmaking van boeliegedrag te fokus nie, maar ook op die uitwerking daarvan. Die organisasie se doel is om skole en gemeenskappe te bemagtig met die kennis en vaardighede om boeliegedrag en gedagtes van selfdood hok te slaan,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

  • Elke jaar pleeg sowat een miljoen mense selfdood.
  • Wêreldwyd sterf daar elke 40 sekondes iemand as gevolg van selfdood.
  • Selfdood is die tweede hoofoorsaak van sterftes in die ouderdomsgroep 5–19 jaar.
  • Suid-Afrika se beraamde selfdoodsyfer van 13,4 mense per 100 000 is ongeveer vier keer die wêreldkoers van 3,6 per 100 000.
  • Elke dood is ’n tragedie vir familie, vriende en kollegas. Tog kan selfdood voorkom word.

“AfriForum doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om bewese selfdoodvoorkomingstrategieë op ’n volhoubare wyse in nasionale gesondheids- en opvoedingsprogramme op te neem. Selfdoodvoorkoming en -intervensie is noodsaaklik binne enige geestesgesondheidsprogram en dit moet ’n hele skoolbenadering behels wat bewusmaking en opleiding vir personeel en leerders insluit. Dit is oukei om nie oukei te wees nie. Daar is ’n uitweg, daar is hoop en daar is hulp beskikbaar. Hoe meer ons openlik oor selfdood praat, hoe makliker en vinniger gaan ons die stigma rondom selfdood vernietig,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Besoek www.teenboelie.co.za vir meer inligting.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN