Header Artwork
AfriForum-buurtwag vind driejarige terug na kaping   

Die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het op 16 November saam met die SAPD en ander instansies ’n driejarige meisie teruggevind wat tydens ’n kaping ontvoer is.

Die buurtwag het Maandagmiddag inligting van die SAPD ontvang van ’n kaping wat plaasgevind het. Die dogtertjie van die voertuigeienaar het in die voertuig agtergebly tydens die kaping. Die SAPD het die buurtwag se bystand gevra om na die dogtertjie te help soek.

Die buurtwag het saam met AfriForum se Pietersburg-buurtwag, SAPD, SAPD Highway Patrol, Tracker en Heritage Protection Group na die gekaapte voertuig en die dogtertjie gesoek. Tracker het deurlopend inligting aan die buurtwag deurgegee oor die ligging van die voertuig. Die buurtwag en Tracker het verskeie voetpaaie toegemaak in die landelike gebied buite Potgietersrus, observasiepunte opgestel en soekspanne gekoördineer.

Die voertuig is gevind waar dit in bosse weggesteek was. Die dogtertjie was aan die slaap agter in die voertuig. Sy is veilig aan haar ouers terugbesorg en die SAPD se ondersoek duur voort.

“Ons is baie dankbaar dat ons die dogtertjie teruggevind het. Ons is dankbaar vir die goeie samewerking binne die buurtwag maar ook met al die ander rolspelers wat deelgeneem het aan die soektog” sê Hennie de Vos, voorsitter van AfriForum se Potgietersrus-tak.

“AfriForum se Potgietersrus-buurtwag het nou weer gewys dat hulle ’n stabiliserende rol in die Potgietersrus-gemeenskap speel. Gedissiplineerde buurtwagte, wat binne die raamwerk van die wet optree, en noue samewerking het met die SAPD en ander organisasies is ’n noodsaaklike element van voorspoedige gemeenskappe” sê Andries Opperman, veiligheidskoördineerder vir AfriForum in Limpopo.

Om betrokke te raak by AfriForum se Potgietersrus-buurtwag, laai die Telegram-toep af en soek vir @AfriForumBuurtBot (https://t.me/AfriForumBuurtBot).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN