Header Artwork
AfriForum beveilig gebied in Bellville deur bome te snoei

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 16 Junie 2021 20 bome in Bill Bezuidenhoutrylaan en Van der Stelstraat gesnoei om sodoende die gebied te help beveilig.

Dié projek is begin nadat die tak verskeie klagtes rakende die ongesnoeide bome ontvang het en die munisipaliteit nie aandag aan die probleem geskenk het nie. Die bome het veral ’n veiligheidsrisiko vir voetgangers ingehou aangesien daar heelwat voetgangers die afgelope tyd in die gebied besteel is deur misdadigers wat in die bosse skuil.

Volgens Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoordineërder in die Boland, vorm hierdie projek deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog wat daarop gemik is om probleme in dorpe self op te los.

“Projekte soos hierdie, waar die gemeenskap saamstaan om ’n verskil te maak, dra werklik by tot meer selfstandige gemeenskappe. Ek wil baie dankie sê aan elkeen wat kom help het om hierdie projek suksesvol te voltooi. Daar sal reëlings getref word om soortgelyke projekte in ander gebiede te doen,” sê Van Heerden.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte betrokke te raak en deel te word van die oplossing. Sluit vandag nog by AfriForum se Kaapstad-Noord-tak aan: SMS ‘’Kaapstad-Noord’’ na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN