Header Artwork
Oproep tot optrede: Gebruik beskikbare farmaseutiese ingrypings vir COVID-19

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die I can make a difference-doktersgroep het vandag in ’n dringende brief aan die premier van Gauteng se advieskomitee oor COVID-19 ’n beroep op die komitee gedoen om nie ’n effektiewe medisyne vir die voorkoming en behandeling van COVID-19 van pasiënte en burgers te weerhou nie en om ook die nodige stappe te neem om die voorkoming en effektiewe vroeë behandeling van COVID-19 deur middel van ivermektien (in kombinasie met ander middels soos nodig) aan te beveel, te bevorder, te verseker en ook toe te sien dat dit beskikbaar is.

Dié stap is geneem nadat ’n lid van die komitee aangehaal is waar gesê is dat nie-farmaseutiese ingrypings die enigste stappe is wat deur burgers en gesondheidswerkers geneem kan word terwyl die derde golf van COVID-19-infeksies in die provinsie woed. Die organisasies het in die brief verwys na elf eweknie-beoordeelde artikels wat die positiewe rol wat ivermektien, in kombinasie met ander medisyne, in die voorkoming en behandeling van COVID-19 speel, bevestig. 

Die literatuur waarna verwys is, wys duidelik dat farmaseutiese ingryping vir die voorkoming en behandeling van COVID-19 tans beskikbaar is en dat nie-farmaseutiese ingrypings nié die enigste stappe is wat geneem kan word nie. 

“Dit is sorgwekkend dat die Suid-Afrikaanse publiek so lank na die aanvang van die pandemie en met soveel meer data wat beskikbaar is oor die effektiwiteit van ivermektien steeds mislei word. Ek doen ’n beroep op die LUR om die saak met erns te bejeën, veral in ag genome die huidige sterftesyfer in Gauteng. Ons het opsies – moenie hoop van mense wegneem nie”, sê Dr. Naseeba Kathrada, stigter van die I can make a difference-doktersgroep.

“Daar is geen rede om nie ’n welbekende, veilige, koste-effektiewe medisyne, wat moontlik die risiko van sterftes met 68% en van infeksies met 85% kan verminder, te begin gebruik nie. Om dié behandeling te weerhou grens aan aandadigheid aan leedaandoening van burgers in ’n krisisuur”, sê Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

Die mediese bewyse bevestig dat heraangewende medisynes ’n noodsaaklike rol het om te speel om COVID-19 te verslaan deur voorkoming en vroeë behandeling met dié middels. 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN