Header Artwork
AfriForum beveg die implementering van maksimum elektrisiteitsaanvraagbeurtkrag in Tokologo

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Vrydag 4 Junie 2021 ’n prokureursbrief aan Eskom en die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit gestuur oor die implementering van beurtkrag aangesien die munisipaliteit sy maksimum elektrisiteitsaanvraag oorskry. Afgesien van die nasionale beurtkrag wat weer ingestel is, gaan Boshof, Dealesville en Hertzogville reeds sedert Maandag, 31 Mei, onder addisionele beurtkrag gebuk.

Die organisasie het Eskom en die munisipaliteit tot 11 Junie 2021 gegee om op die skrywe te antwoord, waarna hulle verdere stappe sal doen en moontlik die hof sal nader indien die terugvoer onvoldoende is.

“Inwoners van die Tokologo Munisipaliteit sit vir meer as vyf ure per dag sonder krag as gevolg van die nuut geïmplementeerde beurtkrag. Die kragonderbrekings het ’n enorme negatiewe effek op die inwoners, sowel as besighede in die dorpe, en maak ekonomiese groei onmoontlik,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapstrukture vir die sentraalstreek.

Verder het Grobbelaar bygevoeg dat die inwoners nie gestraf kan word vir die nalatigheid van die munisipaliteit nie. “Inwoners word op hierdie manier gestraf vir die onbekwaamheid en swak beplanning van die munisipaliteit. Belastingbetalers kan nie gestraf word omdat die munisipaliteit nie vooruit kan beplan en nou die probleem oorskuif na die gemeenskap toe nie. Dis is om dié rede dat AfriForum die saak gaan teenstaan,” het Grobbelaar gesê.

Sluit vandag aan by AfriForum en help ons om jou krag aan te hou. SMS die woord “krag” na 45344.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN