Header Artwork
AfriForum besoek Laerskool Saamspan as deel van die nasionale kinderbeskermingsweek

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het Laerskool Saamspan in Pretoria op 1 Junie 2021 besoek as deel van nasionale kinderbeskermingsweek. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole verseker ook veilige gemeenskap – nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, m.a.w. om afknoubestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Dit is vir ons skool belangrik om ’n boeliebewusmakingsweek te hou, sodat ons leerders en ouers weet ons veg saam teen afknouery. Met die boeliebewusmakingsweek gebeur drie dinge. Eerstens besef die leerder wat afgeknou word dat dit nie normaal of aanvaarbaar is nie. Tweedens gee dit leerders wat ander leerders afknou ’n kans om hulself as afknouers te identifiseer. Laastens gee dit leerders moed om te weet hulle is nie alleen nie en mag vir hulp vra. As bewustheid oor afknouers gekweek word, kan leerders en onderwysers saam teen afknouers staan,” sê Marius van Niekerk, hoof van Laerskool Saamspan.

Besoek gerus www.teenboelie.co.za vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN