Header Artwork
AfriForum-beheerkamer in noordstreek help misdaad bekamp    

AfriForum se beheerkamer vir die noordstreek, wat Gauteng, Limpopo en Mpumalanga insluit, het in Junie en Julie 2021 meer as 367 gevalle hanteer en die organisasie se buurtwagte in dié provinsies deurlopend ondersteun. Die doel van die beheerkamer is om AfriForum-buurtwagte by te staan deur te verseker dat hulp en ander nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word. 

Die gevalle wat hanteer is sluit onder meer in 41 vermiste persone, vyf plaasaanvalle, 101 onlustegevalle en bystand met 114 gesteelde voertuie. Die AfriForum-buurtwagte in die drie provinsies het in Junie en Julie amper 2 000 patrollies gery: 781 in Gauteng, 292 in Mpumalanga en 830 in Limpopo. Sowat 2 007 mense het aan dié patrollies deelgeneem. 

“Die beheerkamer bied oorkoepelende ondersteuning aan AfriForum-buurtwagte. Buurtwaglede op voetsoolvlak fokus meer op die taktiese kant – probleme wat ervaar word en oplossings daarvoor – waar die beheerkamer meer operasioneel funksioneer om seker te maak die nooddienste weet van die probleme,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek. 

“’n Tendens wat hierdie maand beduidend toegeneem het, was natuurlik die onluste wat almal geraak het. Ons het wel baie lesse hieruit geleer en buurt- en plaaswagte kon die nodige gebeurlikheidsplanne implementeer om bystand aan owerhede te bied. Dit het tot gevolg gehad dat ons die patrollies moes aanpas, omdat dié tipe misdaad gewoonlik baie druk op staatsinstellings met beperkte hulpbronne plaas. Ons bedank die personeel wat elke dag hul tyd opoffer om ’n verskil te maak,” voeg Hemmens by. 

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke en word deel van die verskil: SMS jou dorp se naam na 45353 (R1). 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN