Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum doen ’n ernstige beroep op alle ouers om daadwerklik by beheerliggaamverkiesings betrokke te raak wat in Maart by laer- én hoërskole regoor die land gaan plaasvind.

“Dit is baie belangrik dat ouers aan hul kind(ers) se skoolbeheerliggaamverkiesings deelneem en ook ingelig is oor die kandidate wat hulself verkiesbaar stel. Ouers moet ook nie skroom om hulself vir verkiesing beskikbaar te stel nie, aangesien die sukses van ’n skoolbeheerliggaam afhang van die kundigheid van die persone waaruit dit saamgestel is,” sê Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys.

AfriForum het ’n omvattende veldtog van stapel gestuur wat handel oor belangrike inligting wat ouers oor die komende skoolbeheerliggaamverkiesings moet weet.
Ouers kan gerus hierdie inligting op AfriForum se webtuiste besigtig by (https://antiek.afriforum.co.za/virskole). Volg die nuus hieroor ook op AfriForum se Facebook-blad onder die #VirSkole-hutsmerk.
Ouers kan AfriForum help om Afrikaans as moedertaal en onderrigtaal in skole te beskerm: SMS jou naam na 42314 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN