Header Artwork

Boeliepolisie:
Behandel ander soos jy graag behandel wil word (Matteus 7:12).

Afknouery is ’n wêreldwye probleem, en Suid-Afrika is beslis geen uitsondering nie. Volgens ’n Unesco-verslag word bykans 250 miljoen kinders en jongmense jaarliks wêreldwyd afgeknou. Navorsing toon dat boelies daarop uit is om sekere kinders te teiken, treiter en af te knou weens verskeie redes soos verskille in etnisiteit en kultuur, liggaamlike voorkoms en seksuele of geslagsoriëntasie.

Afknouery in die skool kan gedefinieer word as skadelike of aggressiewe gedrag wat op ’n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind en spesifiek op ’n leerder met minder gesag en selfvertroue as die aanvaller gerig word. Dit is dus belangrik om tussen die boelie en die slagoffer te kan onderskei, omdat hulp aan beide partye voorsien kan word.

Visie

Om ondersteuning en hulp in verband met afknouery aan ’n skool as geheel te bied, wat die leerders, onderwysers en ouers insluit, en om hulp aan sowel die slagoffer as die boelie te bied.

Missie

  • Om ondersteuning aan ’n skool, sy leerders, onderwyser en ouers te ontwikkel en te verbeter.
  • Om ons proaktiewe projek uit te brei, insluitend werkswinkels vir leerders, onderwysers en ouers wat huidige probleme aanspreek.
  • Om hulp en ondersteuning aan leerders te bied met betrekking tot selfvertroue, selfbeheersing, besluitneming, interpersoonlike verhoudings en respek, en leierskap.

Laai gerus AfriForum se Teenboeliegids hier af

Blog 1: RAAD- EN DAAD BOELIES

Blog 2: RAAD-EN-DAADBOELIES

Blog 3: Raad en daad vir boelies: Oorsake van afknouery in skole

 

Wat is afknouery?

Wat kan ek doen as ek afgeknou word?

Wat kan ek doen as ek deur kuberboelies afgeknou word?

Wat kan ek doen as ek die slagoffer van anonieme kuberafknouery is?  

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN