Header Artwork
AfriForum-takbestuurslede in Potchefstroom kondig hul uittrede aan

Twee bestuurslede van AfriForum se Potchefstroom-tak het onlangs hul uittrede uit die tak aangekondig. Kappie en Susan van Wyk was die afgelope drie jaar onderskeidelik dié tak se voorsitter en sekretaris. Kappie en Susan het hard gewerk om te verseker dat die tak se werksaamhede vlot verloop.

Piet Theron en Leanie van Ronge sal voorlopig waarneem as onderskeidelik voorsitter en sekretaris. Weens die huidige streng COVID-19-regulasies kon daar nie onmiddellik ’n gemeenskapsvergadering gehou word nie. Die tak gaan egter as proeflopie ’n digitale verkiesing vir ’n ondervoorsitter hou, aangesien daardie pos ook vakant is. Taklede word versoek om asseblief daaraan deel te neem. Die nominasievorm word binnekort versprei.

Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, sê dit was opmerklik van die Van Wyk-egpaar dat hulle nie slegs gepraat het nie, maar self hul moue opgerol het om werk in die gemeenskap te verrig. “Hulle omgee vir hulle dorp en gemeenskap was duidelik te sien in hulle deelname aan al die projekte. Die tak sal hulle mis, maar gelukkig verlaat hulle nie Potchefstroom nie en sal steeds betrokke bly.

“Van my kant, asook van die bestuur wil ek graag vir Kappie en Susan bedank vir hierdie drie jaar waarin hulle die gemeenskap op ’n uitsonderlike wyse gedien het. Ons het regtig baie by julle geleer en sal julle mis,” sê Pretorius.

Raak vandag nog by AfriForum se Potchefstroom-tak betrokke en help om jou gemeenskap te verbeter: Skakel Van Ronge by 066 423 9239 om aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN