Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak maak hoërisikokanaal in Valhalla skoon 

AfriForum se Centurion-tak het op 3 Julie 2021 in samewerking met die gemeenskap die kanaal in Broadwaystraat Suid, Valhalla skoongemaak.

Die AfriForum-tak het talle klagtes uit die gemeenskap ontvang oor die toestand van die kanaal en dat misdadigers hierdie roete gebruik om by huise in die omgewing in te breek, die toegegroeide area bied ook genoeg wegkruipplek vir hierdie misdadigers. Die tak het aan die werk gespring en hierdie area skoongemaak om sigbaarheid te verbeter en die omgewing te beveilig.

“Ek wil graag elke lid van die gemeenskap en organisasies wat by hierdie aksie betrokke was bedank. Party gemeenskapslede het hulle eie toerusting saamgebring en bakkies en sleepwaens vol vuilgoed is verwyder,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

“AfriForum sal aanhou om aksies soos hierdie aan te pak om die gemeenskap ’n veiliger plek vir almal te maak. Dit is belangrik dat gemeenskappe self inspring om hul omgewings te verbeter eerder as om vir die munisipaliteit te wag. Ons is dankbaar vir almal wat hierby betrokke was en sien uit om in die toekoms nog meer van hierdie aksies aan te pak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Die tak beplan om deur die loop van die jaar verskeie groot projekte aan te pak en wil die gemeenskap uitnooi om hulle Facebook-blad dop te hou en by die groepe op die Telegram-toep aan te sluit.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN