Die mielies in die lande van die gemeenskap van Nogas Post staan al ongeveer twee meter hoog. AfriForum en verskeie ander organisasies het verlede jaar handjie bygesit om die gemeenskap te help om ‘n suksesvolle projek aan die gang te sit om voedselsekerheid te probeer verseker.