Header Artwork
AfriForum se Delareyville-tak behaal sukses met rioolprobleme

Munisipale werkers van die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit het uiteindelik begin om verstopte dreine oop te maak nadat die AfriForum-tak in Delareyville op 24 Februarie ’n brief aan dié munisipaliteit geskryf het oor die rioolprobleme op dié dorp.

Ná ’n weke lange stryd om die munisipaliteit tot verantwoording te roep oor rioolprobleme in Generaal Delarey-, Visagie- en Visserstraat in Delareyville het die AfriForum-tak uiteindelik terugvoer van die burgemeester, Lidia Malwane, ontvang.

Sy het op dieselfde dag wat sy die brief ontvang het, telefonies met Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland, in verbinding getree en belowe dat die probleem onmiddellik aangespreek sal word.

Op 25 en 26 Februarie 2021 het die munisipale werkers begin om dreine wat geblok was, oop te maak en om verskeie dreine skoon te suig.

“Briewe en regstappe is nooit ons eerste opsie nie. AfriForum wil graag ’n goeie verhouding met die plaaslike munisipaliteite hê, maar soms is dit nodig om op te tree en die munisipaliteit aan te spreek oor die probleme in die dorp. Riool wat in strate afloop hou ’n gesondheidsrisiko in en die munisipale bestuurder moet verantwoordelikheid daarvoor neem. Ons is verheug dat die munisipaliteit dié ernstige probleem vinnig kon oplos en ons hoop dat dit nou so sal bly,” sê Nieuwoudt.

AfriForum se Delareyville-tak het ook in die brief versoek dat die tak gereelde vergaderings met die munisipaliteit hou sodat soortgelyke probleme aangespreek en vermy kan word. Die tak het tot dusver nog nie terugvoer oor hierdie vergaderings ontvang nie.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN