Header Artwork
AfriForum se Wes-Moot-tak stuur skoonmaakprojek van stapel

AfriForum se Wes-Moot-tak het ’n skoonmaakprojek op die hoek van Bezuidenhout- en Paffstraat, asook op die hoek van Sarel- en Dorpstraat van stapel gestuur. Die lang gras en bosse wat motoriste se uitsig belemmer, is gesny.

Dié projek vorm deel van ’n reeks groter projekte wat daarop gemik is om probleme in die gemeenskap self op te los. Die tak wil die gemeenskap versoek om nie hulle tuinvullis en ander vullis in die veld te stort nie. Dit skep ’n veiligheids- en gesondheidsrisiko vir mense en veral vir die kinders wat deur die veld skool toe stap.

“Projekte soos hierdie is belangrik want velde wat oorgroei is hou ’n groot veiligheidsrisiko vir inwoners en motoriste in,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

“Die sukses van projekte soos hierdie is te danke aan AfriForum-vrywilligers en gemeenskapslede. Die gemeenskap word aangemoedig om betrokke te raak by strukture soos dié wat die belange van die gemeenskap op die hart dra,” sê Johan Liebenberg, leier van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: Doen ’n kort bevestiging op die Telegram-toep by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS jou naam na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN